Weerkaatsings

By (author): "Eleanor Baker"
Weerkaatsings
ISBN0798128151
ISBN139780798128155
AsinWeerkaatsings
Lize het byna gesterf weens 'n vreemde bloedsiekte en het geen energie oor vir die herstelproses nie. Sy ontmoet die skatryk sakeman, Charles Ashton, een van die mees ongenaakbare en ongemaklike mense wat sy nog ooit teengekom het. Hy raak betrokke by haar herstel deur haar te vra om te trou - dit bied aan haar die geld, tyd en ondersteuning om gesond te word.Weerkaatsings beskou verskeie aspekte van Lize se lewe: haar fisiese herstel, haar geestelik aanpassing by rykdom en onafhanklikheid en haar besef dat sy nie die buitengewone omstandighede van haar huwelik kan hanteer nie, veral weens haar eggenoot se onvermoƫ om sy gevoelens uit te druk en sy onbereidwilligheid om emosioneel betrokke te raak.Maar die subtitel is nie verniet " 'n sprokie" nie!